Rome in die tyd van die Romeinse Ryk, en met Nero aan bewind, is nie die aangenaamste plek vir 'n Christenmeisie nie, veral nie as sy 'n slavin is nie. Kallista het rede om die Romeine te haat, want sy het hulle wreedheid en ongenaakbaarheid maar alte goed leer ken. Toe die ruwe blonde Dominicus Saratoga haar dus op die mark koop, kan sy haar net indink wat vir haar voorlê. Sy kom egter gou agter dat hy anders as die ander is ... en dat hy dikwels haar gedagtes oorheers ... Maar hulle sal nooit pas nie. Hy bly immers ’n volbloed Romein wat glo dat liefde net vir swakkelinge is, en sy is ’n Christen wat glo dat liefde haar sterkste wapen is.