Die tweede in die Haia-reeks. ʼn Kultuurhistoriese roman vertel uit die oogpunt van ʼn Khoi-Khoi seun, Haia.
Gebroke en gepynigd het die witmense, vir wie hy help oorleef het, hom op ʼn eiland weggesmyt. Hy oorleef sy wonde en maak homself baie sterk sodat hy ʼn rob-mannetjie met een klap vrekslaan – want wraak teenoor die witmense skroei in Haia.
Daar is egter Willem en Annie wat sy vriende is – kan hy homself so ver kry om wraak op hulle te neem?
Hy onderneem die taak om Oedasoa se susterkind, Krotoa, na die fort onder Tafelberg te vergesel, maar dis ʼn onbegonne taak met Krotoa en sy vriend, Kota, wat nie die gevare ernstig opneem nie en glo dat hy die onsterflike Khoi-held, Heitsi-Eibib, is.
Hy vind meer omtrent die witmense se God uit en kom tot n gewaarwording...