ʼn Regeringsstelsel wat deur ʼn klein groepie mense in plek gestel is en deur ander gemanipuleer is tot eie gewin. Die mindere, die meerderwaardige, wat trap op die meerdere, die minderwaardige.
Pornografie word nooit alleen bedryf nie. Dit is maar een van die misdaadtentakels. Vir party is dit ʼn onskuldige stout bedryf. Dit neem nie lank voordat jongmense, veral kinders, ook verval in die ander misdaadtentakels nie. Dwelms, verkragting, diefstal, bedrog ... noem dit en dit is deel van hoe hierdie uitkomste in mekaar vervleg is sodat jy later nie meer jou daaruit kan losmaak nie. Om daarin te verval is maklik, want hierdie vangarms is slymerig en glibberig en jy gly van die een na die ander ... maar om daaruit te ontsnap is amper onmoontlik, want die slym raak droog en was eintlik net ʼn tydelike hipostase van die werklikheid, wat jou as verslaafde vaskleef.
Die vrou is nie ʼn pornografiese toeris nie, die mans wel by verre. Die verskil is egter dat die vrou die hoof karakter in die pornografiese bedryf is en in beheer daarvan is.
Die vrou word verkrag ten aanskoue van miljarde mense. Die hartseerstorie is dat hulle dit toelaat vir die miljarde dollars. Met hierdie misdaad skep hulle hulle eie verkragters en die van ander onskuldiges.
Watter uitkoms is daar? Die enigste ontsnaproete is die vrou self. Onttrek!! As daar nie meer vrouens in die pornografiese bedryf is nie sal dit ten gronde gaan. Die vrou hou dus die beherende aandeel in haar hand.
Die verlede is ons erfenis. ʼn Testament word nie opgestel op ʼn moontlike balansstaat van die toekoms nie maar wel soos die situasie tans is. Die balansstaat tans gee die historiese syfers met ander woorde dit wat reeds gegenereer is. Ons kan niks meer daaromtrent doen nie. Maar wat ons wel kan doen is om dit wat reeds daar is te gebruik tot iets beter en kan dit as ʼn middel tot ʼn verwesenliking van ʼn bepaalde doel dien.
Dit is ook wat die skrywer hoop om te vermag. Die onstuimige politieke klimaat tans is maar net die erfenis van die vorige onstuimige politieke klimaat. Dit wat van die verlede in hierdie boek beskryf word, het vererger as gevolg van regstellende aksies en hier verwys die skrywer nie net na die politieke mag nie. Seksuele mag is een van die hoof oorsake en het die deskundige mag totaal en al gefaal en dit te midde van die duisende toetredings op elke deskundige gebied.
Die hoofrolspeler in die boek is die kind. Kinders van alle rasse en geslag. Kinders word liggaamlik en geestelik verniel en verwoes en dit aan die hand van hul voeder ...