Rosita is glad nie gelukkig om die nuwe onderbestuurder van die advertensiebesigheid te ontmoet nie. Hy’s hopeloos te aantreklik vir woorde en dit kan net gevaarlik wees!
En hy verkies, Anita, as sy nuwe persoonlike assistent, en Rosita wonder hoekom? Is sy nie belangrik genoeg om ook ’n kans gegin te word nie; sy’s verder geleerd as Anita, en ordentliker ook!
Weke later, besluit Johan om te bedank (haar baas, wat sy eerder verkies bo Thomas), en dit voel vir Rosita of haar lewe uitmekaar uit val!
Tussendeur alles word Rosita die slagoffer van ’n bewonderaar wat haar dreig met briewe, blomme en vreemde foto’s dat sy vir Thomas moet uitlot, of haar lewe is in gevaar.
Dae daarna besef Rosita wie haar bewonderaar is, en is baie geskok oor alles.