“Almal, bly stil!” gil Dari. “Tannie sê: bly stil!”
Vir 'n oomblik gee hulle aandag.
“Hoekom sing julle nie eerder ‘n liedjie saam as om almal so saam te praat nie?” vra ek, maar is amper onmiddellik spyt.
“Koosie siekalelie Africa
President Zuma promist me a car.
Is it a Ferari, lets go see
Oh no, it’s a black taxi” sing die grotes, en,
“As Hy weer kom
As Hy weer kom
Kom haal Hy Sy pêrels
Al Sy pêrels, fraaie pêrels
Vir Jesus se kroon,” probeer die kleintjies hulself hoorbaar maak...
Hierdie is van die skryfster se kosbare, (soms hartseer, soms snaaks/e) wedervaringe wat sy met jou wil deel. Breek weg uit die alledaagse en word vir ‘n tydjie deel van die wêreld van bussie-ry met sy uitdagings en oorwinnings. Mamma's en kinders gaan identifiseer met hierdie verhale en vir oupa's en ouma's gaan dit 'n lag met 'n traan bring.