Baixar Omnibus 5 (Afrikaans Edition) pdf, epub, ebook

Omnibus 5 (Afrikaans Edition)

Drie vollengte verhale in een bundel.

Soekie:
Soekie Markgraaff het op drie-en-twintigjarige ouderdom pas klaargemaak met haar studies in Kaapstad na sy ‘n liefdesteleurstelling gehad het. Thinus kon dit nooit aanvaar dat sy ‘n maagd wil bly om dit vir haar man eendag te offer nie. Sy gaan direk na haar vakansie by Radio Suid werk as boekhouer en aflos platejoggie.
Tydens ‘n besoek aan haar tannie, Yolanda van der Sandt, ontmoet sy vir Jason Du Preez, wie so pas deur ‘n egskeiding gegaan het en niks met vrouens te doen wil hê nie, want sy vrou was ontrou. Soekie en Jason raak beste vriende, want beide het seergekry. Die feit dat Jason agt-en-dertig jaar oud is maak nie vir Soekie enige verskil nie. Hy bly ‘n opregte vriend.
Soekie ontmoet ander mans en kry weer seer, want hulle kan ook nie aanvaar dat sy ‘n maagd wil bly nie. Jason ondersteun haar ten volle en is elke keer daar vir haar om haar te troos. Sy huil elke keer sy skouer sopnat. Een aand skakel sy hom uit desperaatheid dat hy haar moet kom haal. Hy is betyds om haar uit die kloue van ‘n man te red. Die goeie vriend Jason, hy is altyd daar vir haar, haar beste vriend Jason .....

Melissa:
Wanneer Melissa van haar perd af val en en verlam is. gee sy Hardus, haar geliefde die trekpas, want sy wil nie 'n meulsteun aan sy nek wees nie. Hy weier dat sy alleen besluit en vra vir 'n maand om haar saam met hom te neem en dan alleen sal hulle saam besluit.
Melissa moet onmiddellik haar skaamte afleer want Hardus moet haar bad, uit- en aantrek en haar kleedkamer toe neem. Gou-gou raak sy werklik lief vir hom, maar die dertig dae raak al hoe minder. Wat gaan Hardus besluit? Is hul liefde sterk genoeg?

Temmer Van sy Hart:
Mariëtte Swart kry 'n gesogte pos by die dieretuin, die laaste stappie voor sy die beroep inpalm wat sy so lankal begeer.
Sy stel 'n veearts van die buiteland aan wie Afrikaans praat. Hy is uiters bekwaam.
Sy kom goed met hom oor die weg en gou is hulle vriende, al is sy ouer as hy.
Wanneer Fritz van seksuele wangedrag beskuldig word, skors sy hom as voorsorgmaatreël en na sy appèl misluk dank sy hom af. Sy is woedend toe hy haar van oneerlikheid beskuldig. Hy gee pad in sy soeke na ander werk.
Fritz se kollegas bedank uit lojaliteit aan hom en dan kry sy die bewyse dat hy onskuldig is. Sy kan die saak nie regstel nie en al haar pogings om hom op te spoor misluk. Sy eie prokureur kan haar ook nie help nie. Sy besef sy het sy lewe verwoes en hom baie seer gemaak. Sy bedank en gaan werk op 'n verafgeleë wildplaas.
Daar besef sy dat Fritz op dieselfde plaas werk. Hy wil niks met haar te doen hê nie. Hy beskou haar as oneerlik. Mariëtte kan nie haar gevoel teenoor hom afskakel nie. Hoe gaan sy hom oortuig sy het geglo sy tree reg op en dat sy nie oneerlik was nie? Fritz se gedrag is onvoorspelbaar. Hy kan haar nie vergewe nie, alhoewel sy glo hy het steeds gevoelens vir haar. Hoekom is die lewe so onregverdig?

Dit is 'n interaktiewe weergawe. Die leser kan kies met skakels of hy/sy die skoon (geen beskrywings tydens bedtonele nie) of erotiese weergawe (volle beskrywing van bedtonele) wil lees. Oorspronklik gepubliseer as ISBN: 978-1-370-63871-0 (epub).
Scaricare ebook Sarai reindirizzato al sito web o l'editore dell'autore.

eBooks simili con Omnibus 5 (Afrikaans Edition)